Woensdag 04 September 2013

'n Beskrywende stuk



Elke dag is ‘n geskenk.

Swak ekonomiese toestande dryf ons om suinig te leef. Luukse partyjies en duur geskenke is iets van die verlede. So, laat ons elke dag soos ‘n peperduur geskenk aanvaar.


Elke dag word so maklik as vanselfsprekend aanvaar en daarom heg ons geen waarde daaraan nie. Jy slaap, jy staan op en jy maak jou geskenk oop sonder om ‘n tweede keer weer daarna te kyk. Dis ons verdiende loon om elke dag ons oë te kan oopmaak en om bose planne te beraam om anders leed aan te doen.


Soms wonder ek: Wat as môre nooit kom nie? Dit kan definitief letterlik en figuurlik gebeur. Jou hart gaan staan en môre is verewig verby. Of, ons harte word gebreuk, ons selfbeelde word afgekraak, ons karakters word getakel, dinge wat veroorsaak dat ons niè die lewe in die oë wil kyk nie.

Diegene wat egter voel asof die lewe hulle iets skuld moet moed skep in die feit dat hulle hul geskenk kan terug eis van wié dit ookal gevat het. Staan op en eis jou dag terug en leef asof dit jou laaste dag is. 

Gebruik elke moontlike oomblik om mense rondom jou te wys dat hulle gewaardeer word. Bewys aan hulle wat dink hulle is beter as anders dat jy net so goed oftewel baie beter as hulle is.

Behou jou unieke persoonlikheid en karakter en koester die dinge wat regtig saakmaak.


Dus, moet ons die geskenk van lewe en menswees  met ‘n ywerige geaardheid, bewende hande en met trane in die oe oopgemaak.

Vergeet die dinge wat gister seer gemaak het en laat dit soos water van 'n eend se rug rol.


Tot weersiens.

7 opmerkings:

  1. Soos altyd dankie Lisle vir jou woorde van wysheid. Ek kan saam met jou stem. 'n mense moet alles wat hulle kant toe kom met 'n knippie sout en leer van hulle ervarings. Tot my volgende opmerking, laat dit goed gaan.

    AntwoordVee uit
  2. Enkele opmerkings:

    1. Dis ons verdiende loon om elke dag ons oë te kan oopmaak en om bose planne te beraam om anders leed aan te doen. - ? Ek is onseker oor wat jy bedoel.
    2. anders - ander
    3. verewig - vir ewig
    4. gebreuk - gebreek
    5. terugeis - een woord
    6. gewaardeer - waardeer
    7. oë met 'n ë (alt 137)

    AntwoordVee uit
  3. Niemand kan dit beter gesê het nie. Jou skryfstuk was baie wys en moet nooit ophou om mense aantemoedig nie. Jou woorde kan 'n siel help.

    AntwoordVee uit
  4. Lieflike skryfstuk Lisle.Dit is so waar wat jy sê, 'n mens moet die lewe waardeer.

    AntwoordVee uit
  5. Dankie Lisle, did was baie inspirerend and aanmoedigend.Hou aan met jou goeie werke jy sal bellon word.

    AntwoordVee uit