Dinsdag 17 September 2013

My verhalende skryfstuk

Kan jy glo, dis 2013! Waar het die tyd gegaan?

Ek onthou 1987 asof dit net gister was. So baie goeie en slegte gebeurtenisse het plaasgevind, dinge wat ek graag sal wil vergeet maar die woorde wat nounog by my spook, is dié van my afrikaansonderwyser: "As jy die dag matriek deurkom, vreet ek my tekkies op".

Die respek wat ek vir haar gehat het, was so groot dat ek nie kon toelaat dat sy haar tekkies moet opeet ter wille van my nie.

 Nooit in my wildste drome het ek besef hoé ek gerebelleer het teen die dinge wat my karaketer as tiener en later as volwasse gevorm het nie. As hoërskool leerling het ek die wêreld aan my voete gehad met baie goeie vootuitsigte vir die toekoms. Verkeerde vriende en negatiewe invloede het my sterk beïnvloed en my lewe het soos 'n rolprent voor my afgespeel. Tuis het my ma biddend op haar knieë gebly en ek was nog 'n kans in die lewe gegun. 

So geskok en teleurgesteld was ek in myself dat ek dadelik begin het om my sokkies optetrek.  Ek het ander vriende ontmoet en 'n ommekeer in my houding en lewe toegelaat.

Vandag pronk ek met my matriek sertifikaat en nog meer en ek laat nie toe dat ander se negatiwiteit aan my vaskleuf nie. Ek waardeer elke dag en gebruik ook soms omgekeerde sielkunde om anders te laat dink oor hul houdings en neigings.

Amen!

6 opmerkings:

  1. Dit laat my dink van my afrikaansonderwyser.Ek het ook baie respekt vir haar gehad. Ek is dankbaar vandag want sy het in my geglo.

    AntwoordVee uit
  2. Ek is so bly ek het ook sulke onderwysrs in my lewe gehad,wat 'n positiewe invloed in my lewe gewees het

    AntwoordVee uit
  3. Enkele opmerkings:

    1. Waar het die tyd - Waarheen het die tyd
    2. Afrikaansonderwyser (hoofletter)
    3. gehat - gehad
    4. volwasse - volwassene
    5. optetrek - op te trek
    6. vaskleuf - vaskleef
    7. anders - ander

    AntwoordVee uit
  4. En dank God jy het jou matriek deurgekom anders het ons jou nie ontmoet nie. Kom ons hoop die onderwyser wat jy op daardie tyd gehad het was nie op een of ander manier voorseer om haar woorde natekom nie.

    AntwoordVee uit
  5. Ek is so bly ek so veel positiewe onderwysers in my lewe het. Ek is trots op jou Liesel. Jy is 'n goeie vorbeeld vir my en vele ander.

    AntwoordVee uit
  6. Jou storie is baie inspireerend. Jy herinner my aan een afrikaans onderwyser wat my gehaat het, maar deur daardie haat kon ek hom beter wys.

    AntwoordVee uit