Sommige dae is soveel beter as ander,
maar elke dag kan beter as die een vantevore wees. Aan die saggeaarde individuë,
laat ons die volgende prober en kyk hoe dit ons persoonlikheid ten goede kan
verander. Dit sal beslís help as ons toelaat dat mense ons gebruik, as hulle
oor ons loop en as hulle nie ons gevoelens en standpunte in ag neem nie. ‘n
Paar maklike reëls wat ons kan toepas en ons is sterk oppad na ‘n meer
standvastige, wyser en gerespekteerde persoon.
v Sonder
om ombeskof te wees, gee jou opregte opinie. Wees subtiel en gebruik taktiek om
nie ander se gevoelens seer te maak nie.
v Onthou
om ‘n positiewe houding aan te kweek en moenie toelaat dat ander se negatiwiteit op jou afsmeer nie.
v Gebruik
jou gesonde verstand om nugter oor moontlike oplossings te dink. Moenie met jou
hart dink nie want dit het ‘n gewoonte om jou gedagtes te vertroebel. Gevoelens
weerkaats nie die ware omtrek van sake nie.
v Bekyk
all feite met ‘n vergroot glas en gebruik ‘n mikroskoop om self ondersoek in te stel.
v Staan
bankvas agter jou beginsels en kleef aan jou persoonlike waardes.
So, daar het jy dit! Probeer dit gerus
en onthou dat jy by enige punt kan begin. Vra jou vrae en wees ook bereid om
die antwoorde wat daarmee gepaard gaan, te aanvaar.
Onthou net: as jy val, staan op;
skud die stof van jou klere af; lig jou kop op en wals voort. Jy skuld niemand
‘n verduideliking nie, net jouself.
Sterkte vorentoe en alles van die
beste.
L
Dit was baie inspirerend. Dankie Lisle.
AntwoordVee uit:-) goeie raad
AntwoordVee uitEnkele opmerkings:
1. individuë - individue
2. prober - probeer
3. ombeskof - onbeskof
4. omtrek - stand
5. vergrootglas - een woord
6. all feite - alle feite/al die feite
Ek leer altyd iets by jou en vandag deel jy weer jou kennis met my. Dankie Lisle dit was baie inspirerend.
AntwoordVee uitJa Lisle, die wyse wat jy nou vir ons gegee het kom voor in jou lewe. Dis inspireerend en mooi om dit te sien in die tyd wat ons nou in lewe.
AntwoordVee uitBaie insiggewende wenke! Dankie!
AntwoordVee uit