Woensdag 02 Oktober 2013

Reflektiewe skryfstuk

Die hele blog affêre het my gaande gehad en gelukkig is dit nou die einde daarvan.
Die opdrag was nie 'n slegte idee nie en het my as te ware terug na my wortels geruk. Hoe mooi en skoon die afrikaanse taal eintlik is.

Ander se idees, wenke en styl van skryf het my baie beïndruk en meer as een maal bevind ek myself in 'n té ernstige skryfstuk. Dit kom voor asof ek my sin vir humor êrens langs die pad verloor het, maar glo my, dis beslis nie die geval nie. Alhoewel afrikaans lekker is om te praat, sukkel ek om dit te skryf. Die reëls wat jy lank gelede geleer het, was vergete en my brein was gerek om sin te maak van enigiets wat ek wou skryf.

Ek sal graag weer wil blog maar dit sal in engels moet wees omdat dit soveel makliker is. Alles word in engels aangebied en selfs tegnologiese definisies word beter in engels verstaan.

 Terwyl hierdie opdrag aan die gang was, was ek altyd senuweeagtig omdat ek nie seker was of my volgelinge my sal kan verstaan nie. Wanneer ek sommige opmerkings lees, besef ek dat ek onnodig gestres het en dat hulle tog die verbinbinding kon maak van wat ek wou sê.

Die skryfstukke was  hoopvol en baie interresant en jy kon defnitief iets van iemand leer. Die feit dat ek my kennis met ander kon deel was baie maklik maar om dit in afrikaans te moet sê, was die grootste kopseer.

Net hier gaan ek my vere uitskud en "soos water op 'n eend se rug" sien my nie weer nie!

Mooi bly almal.

1 opmerking:

  1. Ek het dit werklik geniet om jou "blog" te lees. Jou Afrikaans is baie goed en selfs al moes jy die reëls 'n bietjie afstof, kon ek dit nie werklik agterkom nie ;-) Ek dink jou inskrywings was insiggewend en dat heelwat van jou klasmaats daarby baatgevind het. Soms is dit nodig om 'n bietjie ernstig ook te wees...so saam met die lag.

    AntwoordVee uit