Die hele blog affêre het my gaande gehad en gelukkig is dit nou die einde daarvan.
Die opdrag was nie 'n slegte idee nie en het my as te ware terug na my wortels geruk. Hoe mooi en skoon die afrikaanse taal eintlik is.
Ander se idees, wenke en styl van skryf het my baie beïndruk en meer as een maal bevind ek myself in 'n té ernstige skryfstuk. Dit kom voor asof ek my sin vir humor êrens langs die pad verloor het, maar glo my, dis beslis nie die geval nie. Alhoewel afrikaans lekker is om te praat, sukkel ek om dit te skryf. Die reëls wat jy lank gelede geleer het, was vergete en my brein was gerek om sin te maak van enigiets wat ek wou skryf.
Ek sal graag weer wil blog maar dit sal in engels moet wees omdat dit soveel makliker is. Alles word in engels aangebied en selfs tegnologiese definisies word beter in engels verstaan.
Terwyl hierdie opdrag aan die gang was, was ek altyd senuweeagtig omdat ek nie seker was of my volgelinge my sal kan verstaan nie. Wanneer ek sommige opmerkings lees, besef ek dat ek onnodig gestres het en dat hulle tog die verbinbinding kon maak van wat ek wou sê.
Die skryfstukke was hoopvol en baie interresant en jy kon defnitief iets van iemand leer. Die feit dat ek my kennis met ander kon deel was baie maklik maar om dit in afrikaans te moet sê, was die grootste kopseer.
Net hier gaan ek my vere uitskud en "soos water op 'n eend se rug" sien my nie weer nie!
Mooi bly almal.
Soos water op 'n eend se rug
Woensdag 02 Oktober 2013
Woensdag 25 September 2013
opvoedkundige skryfstuk
Sommige dae is soveel beter as ander,
maar elke dag kan beter as die een vantevore wees. Aan die saggeaarde individuë,
laat ons die volgende prober en kyk hoe dit ons persoonlikheid ten goede kan
verander. Dit sal beslís help as ons toelaat dat mense ons gebruik, as hulle
oor ons loop en as hulle nie ons gevoelens en standpunte in ag neem nie. ‘n
Paar maklike reëls wat ons kan toepas en ons is sterk oppad na ‘n meer
standvastige, wyser en gerespekteerde persoon.
v Sonder
om ombeskof te wees, gee jou opregte opinie. Wees subtiel en gebruik taktiek om
nie ander se gevoelens seer te maak nie.
v Onthou
om ‘n positiewe houding aan te kweek en moenie toelaat dat ander se negatiwiteit op jou afsmeer nie.
v Gebruik
jou gesonde verstand om nugter oor moontlike oplossings te dink. Moenie met jou
hart dink nie want dit het ‘n gewoonte om jou gedagtes te vertroebel. Gevoelens
weerkaats nie die ware omtrek van sake nie.
v Bekyk
all feite met ‘n vergroot glas en gebruik ‘n mikroskoop om self ondersoek in te stel.
v Staan
bankvas agter jou beginsels en kleef aan jou persoonlike waardes.
So, daar het jy dit! Probeer dit gerus
en onthou dat jy by enige punt kan begin. Vra jou vrae en wees ook bereid om
die antwoorde wat daarmee gepaard gaan, te aanvaar.
Onthou net: as jy val, staan op;
skud die stof van jou klere af; lig jou kop op en wals voort. Jy skuld niemand
‘n verduideliking nie, net jouself.
Sterkte vorentoe en alles van die
beste.
L
Dinsdag 17 September 2013
My verhalende skryfstuk
Kan jy glo, dis 2013! Waar het die tyd gegaan?
Ek onthou 1987 asof dit net gister was. So baie goeie en slegte gebeurtenisse het plaasgevind, dinge wat ek graag sal wil vergeet maar die woorde wat nounog by my spook, is dié van my afrikaansonderwyser: "As jy die dag matriek deurkom, vreet ek my tekkies op".
Die respek wat ek vir haar gehat het, was so groot dat ek nie kon toelaat dat sy haar tekkies moet opeet ter wille van my nie.
Nooit in my wildste drome het ek besef hoé ek gerebelleer het teen die dinge wat my karaketer as tiener en later as volwasse gevorm het nie. As hoërskool leerling het ek die wêreld aan my voete gehad met baie goeie vootuitsigte vir die toekoms. Verkeerde vriende en negatiewe invloede het my sterk beïnvloed en my lewe het soos 'n rolprent voor my afgespeel. Tuis het my ma biddend op haar knieë gebly en ek was nog 'n kans in die lewe gegun.
So geskok en teleurgesteld was ek in myself dat ek dadelik begin het om my sokkies optetrek. Ek het ander vriende ontmoet en 'n ommekeer in my houding en lewe toegelaat.
Vandag pronk ek met my matriek sertifikaat en nog meer en ek laat nie toe dat ander se negatiwiteit aan my vaskleuf nie. Ek waardeer elke dag en gebruik ook soms omgekeerde sielkunde om anders te laat dink oor hul houdings en neigings.
Amen!

Woensdag 04 September 2013
'n Beskrywende stuk
Elke dag is
‘n geskenk.
Swak ekonomiese toestande dryf ons om suinig
te leef. Luukse partyjies en duur geskenke is iets van die verlede. So, laat
ons elke dag soos ‘n peperduur geskenk aanvaar.
Elke dag word so maklik as vanselfsprekend
aanvaar en daarom heg ons geen waarde daaraan nie. Jy slaap, jy staan op en jy
maak jou geskenk oop sonder om ‘n tweede keer weer daarna te kyk. Dis ons verdiende
loon om elke dag ons oë te kan oopmaak en om bose planne te beraam om anders
leed aan te doen.
Soms wonder ek: Wat as môre nooit kom nie? Dit
kan definitief letterlik en figuurlik gebeur. Jou hart gaan staan en môre
is verewig verby. Of, ons harte word gebreuk, ons selfbeelde word afgekraak,
ons karakters word getakel, dinge wat veroorsaak dat ons niè die lewe in die oë
wil kyk nie.
Diegene wat egter voel asof die lewe hulle
iets skuld moet moed skep in die feit dat hulle hul geskenk kan terug eis van
wié dit ookal gevat het. Staan op en eis jou dag terug en leef asof dit jou
laaste dag is.
Gebruik elke moontlike oomblik om mense rondom jou te wys dat
hulle gewaardeer word. Bewys aan hulle wat dink hulle is beter as anders dat jy
net so goed oftewel baie beter as hulle is.
Behou jou unieke persoonlikheid en karakter en
koester die dinge wat regtig saakmaak.
Dus, moet ons die geskenk van lewe en menswees
met ‘n ywerige geaardheid, bewende hande
en met trane in die oe oopgemaak.
Vergeet die dinge wat gister seer gemaak het
en laat dit soos water van 'n eend se rug rol.
Tot weersiens.
Teken in op:
Plasings (Atom)